Skilderye van perde
Marlien se gunsteling tema is mense, die kroon van die skepping. Passie, lojaliteit en begeertes … as 'n sosiale wese of as 'n individu. Sy probeer altyd die mooi vasvang – ’n oomblik van verwondering wanneer ’n kind iets nuuts ontdek of tussen die gewoel van mense in sy eie wêreld verdwyn. Vriende wat mekaar geniet en verbind is in 'n gedeelde oomblik; unieke kombinasies van gebare en gesigsuitdrukkings.
Haar liefde vir mense het ontstaan in die omgewing waarin sy grootgeword het: Marlien is in 1969 gebore as die jongste van 'n gesin van vyf kinders. Sy het grootgeword op die Oos-Transvaalse vlaktes in die Carolina-distrik, 'n gebied wat 'n groot indruk op haar gemaak het. Dit word ook opgemerk in haar kleurgebruik en agtergrondkeuses.
Aanvanklik skilder sy musikante in vrolike bont kleure, mettertyd begin haar werk in 'n nuwe rigting ontwikkel, met sagte natuurlike kleure. Sy hou 'n aantal solo-uitstallings en bemark haar werk deur uitgesoekte galerye. Marlien en Manie met hul vier kinders woon in Pretoria. Oral waar Marlien gaan, het sy haar kamera en sketsboek voortdurend byderhand op soek na unieke oomblikke. Marlien geniet dit om uit werklike tonele te werk.
Kenmerkend van haar portretstudies is dat dit nie net genot verskaf aan die gesinslede nie maar ook uit eie reg as kunswerk kan bestaan. Dit is nie genoeg vir haar om net 'n goeie weergawe van die voorkoms te gee nie, haar doel is om sy menswees te simboliseer, om die storie te vertel.
Marlien hanteer olieverf op 'n verrassende manier: sagte vloeibaarheid wat aan waterverf herinner, afgewissel met dik aangebrachte verf waarin illusies van diepte en dinamika hulself op doek afspeel. In haar skilderye is daar altyd iets nuuts wat mettertyd ontdek word.
Dit is vir Marlien belangrik dat haar skilderye erfstukke van die siel word. Dit wat kinders uit hul ouerhuis onthou — 'n band met die verlede.